HUIS DE KLERK
NR. 6 BOSCH-EN-DAL LANE
Hierdie eiendom, geleë aan die buitewyke van Stellenbosch en kyk uit oor die ikoniese bergreekse wat sinoniem is met die gebied. Dit spog met uitsigte oor die indrukwekkende Simonsberg, Hottentots-Holland-bergreeks & Stellenbosch berg, beklemtoon deur die pragtige wingerde van die internasionaal bekende wynlandgoed, Lanzerac. Die eienaars het 'n innige liefde vir die natuur, die berge en die dorp, Stellenbosch, met volop erfenis en lewendige kos & wyn kultuur. Hulle het verlief geraak op hierdie ligging, aangesien dit die kenmerke van area so goed uitbeeld. Hierdie verbouing is gebaseer op die bestaande voetspoor met ‘n wesenlike verandering in voorkoms om sodoende meer kenmerke van die plaaslike argitektuur ten toon te stel. Die eienaars se visie was om deur middel van tradisionele argitektuur, wat ooreenstem met die plaaslike bouvorm, ʼn plaashuis – styl woning te skep wat soveel as moontlik van die bestaande struktuur insluit.
ABOUT this project
Project Type:
Project Start:
Project Complete:
Residensieel
2023
2023